Eksamenstres: Doen hierdie dinge om dit minder te maak


female student suffering from headache at home

Eksamens en toetse is deel van elke leerder se lewe. Eksamens kan baie stresvol wees, want mens wil graag goed doen en nie slegte punte kry nie. Eksamenstres vind plaas wanneer jy stres en angstig raak voor, gedurende, of na ‘n toets. Sukkel jy met eksamenstres? Hier is ‘n paar wenke om dit makliker te maak.

Sukkel jy met eksamenstres?
Maak vandag ‘n afspraak en verander jou lewe!

Ons leer jou hoe om eksamenstres beter te hanteer, hoe om positief te dink en hoe om nie toe te laat dat negatiewe gedagtes jou onderkry nie.

Kry ‘n studieplan en roetine

Wanneer jy jou tyd beplan en ‘n studierooster opstel, gaan jy meer tyd hê om al jou werk te leer en ook nog al die ander dinge te doen wat jy moet doen.

  • Skryf alles neer wat jy moet doen en bepaal hoe lank dit jou moontlik gaan vat.
  • Beplan hoeveel jy elke dag gaan leer sodat jy nie die dag voor die toets hoef te jaag nie.
  • Neem genoeg ruskanse en sorg dat jy dinge doen wat vir jou lekker is.

Doen oefening

Oefening is oor die algemeen baie belangrik vir jou gesondheid. Maar dit is ekstra belangrik wanneer jy baie stres oor ‘n toets of eksamen wat voorlê. Oefening help jou om van oortollige stres ontslae te raak en dit skei ook endorfiene af, wat belangrik is in die hantering van stres.

In plaas daarvan om deurnag te leer, vat eerder ‘n breuk en gaan stap, ry fiets, of spring op die trampoline. Dit gaan jou beslis help om jou werk beter te memoriseer.

Slaap genoeg

Baie leerders is geneig om hulle slaappatrone te verander gedurende eksamen tyd. Gewoonlik gebeur dit omdat jy nie goed genoeg beplan het nie, en dan later moet gaan slaap en vroeër opstaan om deur al jou werk te kom.

Sorg dat jy genoeg slaap inkry wanneer gedurende eksamentyd.

Dink positief

Voed jou brein met positiewe dinge wat jou motiveer wanneer jy voel dat eksamen stres te veel is. Daar is bewys dat angsvlakke verminder kan word wanneer jy na positiewe motiveringsvideos kyk, motiverings aanhalings (“quotes”) bestudeer, of positiewe dinge vir jouself sê.

Wanneer jy stres, sê vir jouself dinge soos:

  • Ek KAN goed doen in die eksamen
  • Ek raak al hoe beter in my toetse
  • Ek hou daarvan om te leer

Kyk motiveringsvideos op YouTube en lees gereeld positiewe aanhalings (“quotes”). Omring jouself met positiewe mense en stop negatiewe gedagtes voordat dit ‘n houvas op jou kry.

Gebruik ontspanningstegnieke

Ontspanningstegnieke is baie effektief om jou rustig te maak wanneer jy angstig voel en nie kan fokus op jou werk nie. Diep asemhalingstegnieke het ‘n baie positiewe impak op jou stresvlakke. As jy baie gestres voel voor of tydens die eksamen, haal ‘n paar keer diep deur jou neus asem, en blaas die lug by jou mond uit.

Ons kan jou help met ontspanningstegnieke. Kontak ons by info@coachingacademy.co.za om ‘n afspraak te maak.